Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 14:9-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. teenoor koning Kedorlaomer van Elam, koning Tidal van Gojim, koning Amrafel van Sinar, koning Arjok van Ellasar, vyf konings teen vier.

10. In die Siddimvlakte was daar oral asfaltgate, en toe die konings van Sodom en Gomorra gevlug het, het hulle daarin geval. Wie van hulle oorgebly het, het na die berge toe gevlug.

11. Die vier konings het al die besittings van Sodom en Gomorra en ook al hulle kos buitgemaak en vertrek.

12. Hulle het ook vir Lot, Abram se broerskind, en al sy besittings gevat en vertrek. Hy het daardie tyd in Sodom gewoon.

13. Daar het egter iemand ontsnap en dié het alles gaan vertel vir Abram die Hebreër wat gewoon het by die groot bome van die Amoriet Mamre, 'n broer van Eskol en Aner. Hulle drie het 'n verdrag met Abram gesluit.

14. Toe Abram hoor dat sy familielid weggevoer is, het hy sy volgelinge, drie honderd en agtien slawe wat by hom gebore is, hulle wapens laat vat en die konings agtervolg tot by Dan.

15. Die nag het Abram en sy manne hulle van verskillende kante af aangeval en verslaan. Hy het hulle agtervolg tot by Goba, noord van Damaskus.

16. Abram het al die besittings teruggekry. Hy het ook vir Lot, sy familielid, met al sy besittings teruggekry, ook die vrouens en al die ander mense.

17. Toe Abram terugkom van sy oorwinning oor Kedorlaomer en die konings by hom, het die koning van Sodom vir Abram tegemoet gegaan in die Sawevlakte, dit is die Koningsvlakte.

18. Melgisedek, koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, het vir Abram kos en wyn gebring

19. en hom geseën:“Mag Abram geseën word deur God die Allerhoogste,Skepper van hemel en aarde.

20. Geloof sy God die Allerhoogste!Hy het jou vyand in jou mag oorgegee.”Toe het Abram vir Melgisedek 'n tiende van alles gegee.

21. Die koning van Sodom het vir Abram gesê: “Gee my net die mense en vat die besittings vir jou.”

22. Maar Abram het hom geantwoord: “Ek het my hand opgelig en 'n eed afgelê voor die Here, voor God die Allerhoogste, Skepper van hemel en aarde,

23. dat ek niks van jou sal vat nie, nie eers 'n garingdraad of 'n skoenveter nie, sodat jy nie kan sê: ‘Ek het vir Abram ryk gemaak’ nie.

Lees volledige hoofstuk Genesis 14