Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 9:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. “Maar wat kan ons nou sê, ons God, na dié dinge? Ons het u gebooie oortree.

11. U het ons deur u dienaars, die profete, beveel: Die land wat julle in besit gaan neem, is 'n onrein land. Die heidennasies het dit onrein gemaak. Hulle het dit van kant tot kant besmet met hulle afskuwelike, onrein optrede.

12. Moenie julle dogters vir hulle seuns gee nie, moenie hulle dogters met julle seuns laat trou nie. Moet die heidennasies nooit vrede of voorspoed gun nie. Dan sal julle sterk staan en die goeie van die land geniet en dit as 'n blywende besitting aan julle kinders oordra.

13. “Wat oor ons gekom het, het gekom deur ons slegte dade en ons baie oortredings teen U. Ons God, U was spaarsaam met die straf op ons sonde, U het van ons laat oorbly.

14. En na alles wat oor ons gekom het, kom ons en steur ons ons weer nie aan u gebooie nie! Ons ondertrou met hierdie nasies wat so afskuwelik leef! Moet u toorn ons dan nie heeltemal vernietig nie, sodat niemand oorbly, niemand vrykom nie?

15. “Here God van Israel, U is regverdig. U het die klompie van ons laat vrykom, so soos dit vandag is. Hier is ons voor U met ons oortredings, maar so kan niemand voor U staan nie.”

Lees volledige hoofstuk Esra 9