Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 9:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die magtige teenwoordigheid van die God van Israel het van die gerub af waarbokant dit was, opgestyg en by die tempel se drumpel gaan staan. Die Here het na die man geroep met die linneklere aan en die skrywersakkie aan sy gordel

4. en vir hom gesê: “Gaan deur die stad, deur Jerusalem, en maak 'n merk op die voorkoppe van almal wat sug en kla oor al die afskuwelike dinge wat in die stad gebeur.”

5. Ek het gehoor die Here sê vir die ander manne: “Gaan agter hom aan deur die stad en slaan dood! Moenie verskoon nie, moenie jammer kry nie!

6. Maak dood en roei uit die oumense, die jongmanne en jong vroue, die kinders en vrouens; moet net nie raak aan dié wat die merk het nie. Begin by my heiligdom!”Hulle het toe begin met die ou manne voor die tempel.

7. Die Here het vir die manne met die wapens gesê: “Verontreinig die tempel, maak die voorhowe vol lyke. Gaan dan verder.”Hulle het toe verder gegaan en die mense in die stad begin doodmaak.

8. Terwyl hulle aan die doodmaak was, het ek alleen agtergebly en ek het op my gesig platgeval en geroep: “Ag, Here my God, gaan U al wat van Israel oor is, uitroei terwyl U u toorn teen Jerusalem laat losbreek?”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 9