Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 30:19-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Ek gaan Egipte straf; hulle sal besef dat Ek die Here is.”

20. Op die sewende van die eerste maand, in die elfde jaar, het die woord van die Here tot my gekom:

21. “Mens, Ek het die farao, koning van Egipte, se arm gebreek, en die arm is nie verbind en gespalk sodat dit gesond kan word en weer sterk genoeg kan wees om 'n swaard vas te hou nie.”

22. So sê die Here my God: “Ek tree op teen die farao, koning van Egipte. Ek breek altwee sy arms, die gesonde en die gebreekte arm, en Ek laat die swaard uit sy hand uit val.

23. Ek jaag die Egiptenaars uitmekaar onder die ander nasies in, Ek verstrooi hulle oor ander lande.

24. Ek maak die koning van Babel se arms sterk, Ek sit 'n swaard in sy hand, maar Ek breek die farao se arms; hy sal voor die koning van Babel lê en kreun soos iemand wat dodelik gewond is.

25. Ek maak die koning van Babel se arms sterk, maar die farao s'n sal slap hang. Wanneer Ek my swaard in die koning van Babel se hand sit en hy die swaard na Egipte toe uitsteek, sal die Egiptenaars besef dat Ek die Here is.

26. “Ek jaag hulle uitmekaar onder die ander nasies in, Ek verstrooi hulle oor ander lande. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 30