Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 28:2-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. “Mens, sê vir die regeerder van Tirus: So sê die Here my God: In jou hooghartigheid het jy gesê: ‘Ek is 'n god, ek woon op die woonplek van die gode, omring deur die see.’“Maar jy is 'n mens, nie 'n god nie. Jy het jou verbeel jy is 'n god.

3. Jou wysheid het selfs dié van Daniël oortref. Watter geheimenis daar ook al was, niemand kon vir jou kers vashou nie.

4. Jy het met jou wysheid en insig vir jou rykdom verwerf, jou skatkamers gevul met goud en silwer.

5. Jy het met jou groot wysheid en met handel jou rykdom nog meer gemaak, maar dit was juis jou rykdom wat jou hooghartig gemaak het.

6. “Daarom,” sê die Here my God, “omdat jy jou verbeel het jy is 'n god,

7. daarom gaan Ek ander nasies, wrede volke, teen jou laat optrek. Hulle sal die prag wat jou wysheid vir jou gebring het, met die swaard aanval en jou prag skend.

8. Hulle sal jou in die graf in laat stort, jy sal die dood van 'n gesneuwelde sterf daar op jou eiland in die see.

9. Sal jy vir dié wat aan jou 'n einde gaan maak, nog kan sê jy is 'n god? Vir dié wat vir jou dood gaan sorg, sal jy 'n mens wees, nie 'n god nie.

10. Ander volke gaan jou 'n eerlose dood laat sterf. Ek het gepraat,” sê die Here my God.

11. Die woord van die Here het tot my gekom:

12. “Mens, sing 'n treurlied oor die koning van Tirus. Sê vir hom: So sê die Here my God:“Jy was 'n seël wat met sorg vervaardig is,'n pragtige produk van volmaakte vakmanskap:

13. jy is uitgebeeld in die godetuin Eden,omring deur kosbare edelstene:karneool, topaas, jaspis,chrisoliet, oniks, opaal,saffier, turkoois, smarag,en die reliëfwerk aan jou was van goud.So is jy gemaak die dag toe jy geskep is.

14. Jy is uitgebeeld as die gerubwat met uitgestrekte vlerke moes waghou,Ek het jou die opdrag gegee.Jy was op die heilige godeberg,daar het jy rondgestap tussen glinsterende edelstene.

15. Jou optrede was onbesproke vandat jy geskep istotdat jy begin onreg doen het.

16. Jou uitgebreide handelsbedrywigheidhet geweld deel van jou lewe gemaaken jou laat sondig.“Daarom het Ek jou verstoot van die godeberg af,Ek het jou, gerub wat moes waghou,tussen die glinsterende edelstene uit verwyder.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 28