Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 21:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe kom die woord van die Here tot my:

2. “Mens, draai jou gesig na Jerusalem toe, laat jou woorde na die heiligdomme toe vloei, tree op as profeet teen die land Israel.

3. Sê vir die land Israel: So sê die Here: Ek is jou vyand, Ek gaan my swaard uit sy skede trek en dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou uitroei.

4. En omdat Ek dié wat reg doen sowel as dié wat verkeerd doen, uit jou wil uitroei, daarom word my swaard getrek teen al wat leef, van die suide af tot in die noorde.

5. Al wat leef, sal weet dat Ek, die Here, my swaard getrek het, en dit sal nie teruggaan skede toe nie.

6. “En jy, mens, moet kreun. Jy moet voor hulle oë 'n ineenstorting kry en bitterlik kreun.

7. En as hulle vir jou vra hoekom jy kreun, moet jy sê: Oor die tyding wat kom; elke hart sal verstyf van angs, al die hande sal slap hang, almal sal moed verloor, water sal teen al die knieë afloop; dit kom, dit sal gebeur,” sê die Here my God.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 21