Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 17:7-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daar kom toe nog 'n groot arendmet groot vlerke en baie vere,en die wingerdstok draai sy wortels na dié arend toeen stuur sy ranke in dié se rigtingsodat die arend vir hom nog meer water kan geeas wat daar was op die plek waar hy geplant was.

8. Hy was geplant in goeie grond, by baie water;hy kon ranke maak en druiwe dra,hy kon 'n pragtige wingerdstok geword het.

9. “Jy moet sê: So sê die Here my God:“Sal dit goed gaan met die wingerdstok?Gaan die eerste arend dan nie sy wortels uittreken sy vrugte vernietigsodat al sy druiwe verdroog wat aan die ryp word was nie?Daar is nie groot mag en baie mense nodigom hom met wortels en al uit te trek nie.

10. Hy is geplant, maar sal hy goed groei?Sal hy nie heeltemal verdorwanneer die oostewind hom tref nie?Hy sal verdroog op die plek waar hy gegroei het.”

11. Die woord van die Here het tot my gekom:

12. “Jy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie?“Jy moet sê: Die koning van Babel het na Jerusalem toe gekom, die koning en die amptenare van die stad gevat en na hom toe in Babel gebring.

13. Daarna het hy iemand uit die koninklike geslag gevat, met hom 'n ooreenkoms gemaak en hom 'n eed van trou laat sweer. Die koning van Babel het die vooraanstaande mense uit die land weggevat

14. sodat die koninkryk swak sou wees en nie in opstand sou kom nie en sodat daar aan die ooreenkoms gehou sou word en dit sou bly bestaan.

15. Maar die nuwe koning van Jerusalem het in opstand gekom teen die koning van Babel en gesante na Egipte toe gestuur om perde en baie manskappe te vra. Maar sal hy slaag met sy onderneming? Sal hy vrykom as hy so iets doen? Sal hy vrykom as hy die ooreenkoms verbreek?

16. “So seker as Ek leef,” sê die Here my God, “hy sal binne-in Babel sterf, in die stad van die koning wat hom koning gemaak het. Hy het sy eed van getrouheid aan daardie koning geminag en die ooreenkoms met hom verbreek.

17. Die farao sal nie in die geveg help met 'n groot leërmag, met baie manskappe nie. Inteendeel, daar sal 'n beleëringswal teen Jerusalem opgegooi word en beleëringswerke gebou word met die doel om baie mense uit te roei.

18. Die koning het sy eed van getrouheid geminag en die ooreenkoms verbreek. Hy het 'n plegtige onderneming gemaak en toe tog al hierdie dinge gedoen: hy kan nie vrykom nie.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 17