hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. God het vir Moses gesê: “Ek is die Here!

2. Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie.

3. Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land Kanaän aan hulle te gee, 'n land waarvan hulle nie burgers was nie.

4. Ek het die gekerm van die Israeliete, wat deur Egipte verkneg word, duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.

5. Daarom moet jy vir die Israeliete sê: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vry maak met mag en met groot reddingsdade.

6. Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry.

7. Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.”

8. Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.

9. Toe sê die Here vir Moses:

10. “Gaan praat met die farao, die koning van Egipte, dat hy die Israeliete laat trek uit sy land uit.”

11. Maar Moses sê vir die Here: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.”

12. Nogtans het die Here vir Moses en Aäron na die Israeliete en na die farao, die koning van Egipte, toe gestuur met die opdrag om die Israeliete uit Egipte te bevry.

Leiers in die familie van Moses en Aäron

13. Die volgende mense was leiers in die familie van Moses en Aäron: Ruben was die oudste seun van Israel. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Hulle was die familiehoofde van die stam Ruben.

14. Die seuns van Simeon was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar, en Saul, 'n seun van 'n Kanaänitiese vrou. Hulle was die familiehoofde van die stam Simeon.

15. Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari. Levi het honderd sewe en dertig jaar oud geword.

16. Die seuns van Gerson was Libni en Simi. Hulle het nageslagte gehad.

17. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword.

18. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was dan volgens die geslagsregisters die familiehoofde van die stam Levi.

19. Amram het met Jogebed, 'n tante van hom, getrou, en hulle seuns was Aäron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword.

20. Die seuns van Jishar was Korag, Nefeg en Sikri.

21. Die seuns van Ussiël was Misael, Elisafan en Sitri.

22. Aäron het met Eliseba 'n dogter van Amminadab, suster van Nagson, getrou, en hulle seuns was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar.

23. Die seuns van Korag was Assir, Elkana en Abiasaf. Hulle was die familiehoofde van die Koragiete.

24. Aäron se seun Eleasar het met een van die dogters van Putiël getrou, en hulle seun was Pinehas.Dit was dan die familiehoofde van die stam Levi en hulle nageslagte.

25. Dit is dié Aäron en Moses vir wie die Here gesê het: “Julle moet die stamme van Israel uit Egipte bevry.”

26. En dit is hulle wat met die farao, die koning van Egipte, onderhandel het oor die bevryding van die Israeliete uit Egipte.

Die opdrag aan Moses

27. Toe die Here in Egipte met Moses gepraat het,

28. het Hy vir hom gesê: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.”

29. Toe sê Moses vir die Here: “Ek praat swaar, die farao sal nie na my luister nie.”