Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 14:4-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ek sal die farao weer koppig maak, sodat hy julle agtervolg, en Ek sal my mag laat geld teen hom en sy leër. Dan sal Egipte besef dat Ek die Here is.”Die Israeliete het die bevele uitgevoer.

5. Toe die koning van Egipte die berig kry dat die volk vir goed weg is, het sy houding en dié van sy amptenare teenoor die Israeliete verander. Die Egiptenaars het gesê: “Wat het ons aangevang dat ons die Israeliete laat trek het? Nou is ons hulle diens kwyt!”

6. Die farao het sy strydwa laat inspan en sy leër saam met hom gevat.

7. Hy het sy ses honderd beste strydwaens gevat, asook al die ander Egiptiese strydwaens, elkeen met 'n bemanning van drie.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 14