Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag julle nie stukkend kerf of die hare voor op julle kop afskeer as julle oor 'n afgestorwene treur nie.

2. Julle is 'n volk wat aan die Here julle God gewy is. Hy het julle uit al die volke op die aarde uitgekies om sy eiendomsvolk te wees.

3. “Julle mag niks eet wat afstootlik is nie.

4. Die diere waarvan julle mag eet, is: bees, skaap, bok,

5. takbok, ribbok, hartbees, klipbok, eland, gemsbok, springbok,

6. al dié wat volledig gesplete kloue het en herkou.

7. Maar dié wat net herkou of net volledig gesplete kloue het, mag julle nie eet nie: die kameel, die haas, die dassie. Hulle herkou maar het nie gesplete kloue nie: hulle is vir julle onrein.

8. Dit geld ook van die vark: hy het wel gesplete kloue maar hy herkou nie. Hy is vir julle onrein. Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie.

9. “In die geval van waterdiere mag julle alles eet wat vinne en skubbe het.

10. Maar julle mag nie dié eet wat nie vinne en skubbe het nie: hulle is vir julle onrein.

11. “Julle mag alle rein voëls eet.

12. Die volgende mag egter nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende;

13. swartaasvoëls, valke en al die roofvoëlsoorte;

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14