Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 18:15-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Toe het tien wapendraers van Joab nader gestorm en Absalom heeltemal dood geslaan.

16. Hierna het Joab die ramshoring geblaas en die leër het opgehou om Israel te agtervolg. So het Joab die leër laat terugtrek,

17. maar die hele Israel het huis toe gevlug.Absalom se lyk is in 'n diep gat in die bos gegooi, en hulle het 'n groot hoop klippe op hom gepak.

18. Dit was dieselfde Absalom wat die gedenkteken in die koningslaagte opgerig het om homself te vereer, omdat hy gesê het hy het nie meer 'n seun om sy naam in gedagtenis te hou nie. Daarom het hy die gedenkteken na homself vernoem en dit word nou nog genoem: “Absalom se Gedenkteken”.

19. Agimaäs seun van Sadok het gesê: “Laat ek tog hardloop en aan die koning die goeie tyding bring dat die Here hom van sy vyand verlos het.”

20. Maar Joab het vir hom gesê: “Jy is vandag nie die regte man om 'n tyding te bring nie. Jy kan op 'n ander dag boodskappe dra. Vandag doen jy dit nie, want dit is die koning se seun wat dood is.”

21. Toe beveel Joab 'n Kussiet: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.”Nadat die Kussiet voor Joab gebuig het, het hy begin hardloop.

22. Agimaäs seun van Sadok het weer vir Joab gesê: “Kom wat wil, laat ek tog net agter die Kussiet aan hardloop.”“My seun, waarom wil jy tog hardloop? Daar sal nie vir jou ook 'n boodskappersloon wees nie,” antwoord Joab.

23. “Dit maak nie saak nie; ek hardloop,” sê hy.“Nou hardloop dan,” sê Joab vir hom.Agimaäs het toe met die pad deur die Jordaanstreek gehardloop en die Kussiet verbygegaan.

24. Terwyl Dawid in die stadspoort sit, klim die wag na die uitkykpos op die poort se dak en kyk rond of hy nie dalk iets sien nie. En juis toe kom daar iemand alleen aangehardloop.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 18