Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 8:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. het hy die stede wat Hiram aan hom oorgedra het, weer opgebou en Israeliete daar gevestig.

3. Hy het na Hamat-Soba toe gegaan en dié ingeneem.

4. Hy het Tadmor in die woestyn versterk, en ook al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.

5. Hy het Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder herbou, vestingstede met mure, poortdeure en sluitbalke;

6. net so ook Baälat en al die voorraadstede wat hy besit het, die stede vir die strydwamagte en die berede magte. Verder het hy al die bouwerk waarop hy besluit het, voltooi in Jerusalem, op die Libanon en dwarsdeur die land waaroor hy geregeer het.

7. Salomo het al die nie-Israeliete, die mense wat nog oor was van die Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete,

8. afstammelinge van dié wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie en nog oor was in die land, dwangarbeid laat doen. Dit is vandag nog so.

9. Salomo het nie die Israeliete as arbeiders gebruik vir sy projekte nie, want hulle was die soldate en die aanvoerders van sy strydwabemannings, sy strydwamag en sy berede mag.

10. Daar was ook nog die volgende getal uitvoerende beamptes oor wie koning Salomo beskik het: twee honderd en vyftig wat gesag oor die volk uitgeoefen het.

11. Salomo het die dogter van die farao uit die Dawidstad laat trek na die paleis toe wat hy vir haar gebou het, “want,” het hy gesê, “'n vrou van my kan nie in die paleis van koning Dawid van Israel woon nie; dit is 'n heiligdom, want die ark van die Here het daar gestaan.”

12. Salomo het brandoffers vir die Here gebring op die altaar van die Here wat hy reg voor die voorportaal gebou het.

13. Die offers is gebring soos dit van dag tot dag moes gebeur volgens die voorskrif van Moses: op die sabbatte, die nuwemaansfeeste en die feestye drie maal per jaar, naamlik die fees van die ongesuurde brood, die fees van die weke en die huttefees.

14. Salomo het, volgens die orde wat sy vader Dawid vasgestel het, vir die priesterafdeling hulle dienste bepaal en vir die Leviete hulle diensbeurte met die oog op die lofsang en die bystand aan die priesters soos dit van dag tot dag nodig was; so ook vir die afdelings poortwagte by elke poort. Dit is immers hoe Dawid, die man van God, dit voorgeskryf het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 8