Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 29:5-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. en toegespreek: “Luister na my, Leviete! Reinig julle en reinig die huis van die Here, die God van julle voorvaders. Vat die vuilgoed uit die heiligdom uit.

6. Ons voorvaders was ontrou en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here ons God. Hulle het Hom verlaat, die woning van die Here nie versorg nie en dit die rug toegekeer.

7. Hulle het boonop die deure van die ingangsportaal gesluit, die lampe laat doodgaan en geen wierookoffer of brandoffer vir die God van Israel gebring in die heiligdom nie.

8. Daarom het die toorn van die Here oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het van hulle iets gemaak waaroor mense net met afgryse vervul kan word en die hande van verbasing inmekaar kan slaan en kan fluit, soos julle met julle eie oë sien.

9. Ons vaders het gesneuwel, ons seuns en ons dogters en ons vrouens het gevangenes geword deur dié dinge.

10. En nou het ek my voorgeneem om 'n verbond te sluit met die Here die God van Israel, sodat die gloed van sy toorn van ons weggeneem sal word.

11. Spring nou aan die werk, my seuns, want die Here het julle gekies om voor Hom diens te doen en sy dienaars te wees wat vir Hom offerandes moet bring.”

12. Toe het die volgende Leviete na vore getree: uit die Kehatgroep Magat seun van Amasai, en Joël seun van Asarja; uit die Merarigroep Kis seun van Abdi, en Asarja seun van Jehallelel; uit die Gersongroep Joag seun van Simma, en Eden seun van Joag;

13. uit die Elisafangroep Simri en Jeïel; uit die Asafgroep Sagaria en Mattanja;

14. uit die Hemangroep Jegiël en Simi; en uit die Jedutungroep Semaja en Ussiël.

15. Hulle het hulle ampsgenote bymekaargeroep, almal het hulle gereinig en het toe die huis van die Here gaan skoonmaak soos die koning beveel het in ooreenstemming met die voorskrifte van die Here.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 29