Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die leiers van Israel en die koning het hulle verootmoedig en het gesê: “Die Here doen reg.”

7. Toe die Here hulle berou sien, kom sy woord weer tot Semaja en sê: “Hulle is vol berou. Ek sal hulle nie uitroei nie. Ek sal hulle gou uit die greep van Sisak laat vrykom en my toorn oor Jerusalem nie deur Sisak laat losbreek nie.

8. Maar hulle sal aan hom onderhorig word, en hulle sal agterkom wat dit is om My te dien en wat dit is om die konings van ander lande te dien.”

9. Koning Sisak van Egipte het teen Jerusalem opgetrek en beslag gelê op die skatte in die huis van die Here en die paleis. Hy het alles gevat, ook die goue skilde wat Salomo laat maak het.

10. Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die ander se plek laat maak en dié oorhandig aan die offisiere van die wag wat by die ingang van die paleis diens gedoen het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12