Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die ark van God was egter nie daar nie. Dawid het dit in sy dae uit Kirjat-Jearim laat bring na die plek toe wat hy daarvoor reggemaak het, want hy het daarvoor in Jerusalem 'n tent laat opslaan.

5. Die bronsaltaar wat Besaleël seun van Uri, seun van Gur, gemaak het, was opgestel voor die tabernakel van die Here. Salomo en die gemeente het die Here gaan raadpleeg.

6. Salomo het daar op die bronsaltaar offers gebring voor die Here wat in die tent van ontmoeting teenwoordig is. Hy het 'n duisend brandoffers daar gebring.

7. Daardie nag het God aan Salomo verskyn en vir hom gesê: “Vra wat Ek jou moet gee.”

8. Salomo sê toe vir God: “U het groot trou aan my vader Dawid bewys en my in sy plek koning gemaak.

9. Vervul nou, Here God, u belofte aan my vader Dawid, want U het my koning gemaak oor 'n volk so baie soos die stof van die aarde.

10. Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?”

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1