Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 1:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Salomo seun van Dawid het 'n stewige houvas op sy koningskap gekry. Die Here sy God was by hom en het hom groot mag gegee.

2. Salomo het die hele Israel opgeroep: die bevelhebbers oor duisend en honderd, die regters, elke leiersfiguur in die hele Israel, al die familiehoofde.

3. Salomo en die hele gemeente saam met hom het toe na die hoogte toe by Gibeon gegaan. Die tent van die ontmoeting met God wat Moses, die dienaar van die Here, nog in die woestyn gemaak het, was toe daar.

4. Die ark van God was egter nie daar nie. Dawid het dit in sy dae uit Kirjat-Jearim laat bring na die plek toe wat hy daarvoor reggemaak het, want hy het daarvoor in Jerusalem 'n tent laat opslaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 1