Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:28-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Omdat jy dit gedoen het,omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor,sit Ek 'n haak deur jou neusen 'n stang tussen jou tandeen lei Ek jou terug op die padwaarmee jy gekom het.

29. “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.

30. Dié van Juda wat die beleg oorleef het en oorgebly het, sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.

31. Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here sorg.

32. “Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië: Hy sal nie in dié stad inkom nie, hy sal nie 'n pyl hier afskiet nie, nie 'n skild teen die stad optel nie, nie 'n beleëringswal daarteen opgooi nie.

33. Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan en hy sal nie weer by dié stad kom nie. Dit is wat die Here sê.

34. Ek sal dié stad beskut en hom red, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil.”

35. Daardie nag het 'n engel van die Here gegaan en honderd vyf en tagtig duisend man in die Assiriese kamp doodgemaak. Toe die Assiriërs die môre vroeg opstaan, lê die lyke almal daar.

36. Koning Sanherib van Assirië het toe kamp afgeslaan en hy is terug Nineve toe en het daar gebly.

37. Terwyl hy op 'n dag in die tempel van sy god Nisrok aanbid het, het Adrammelek en Sar-Eser hom met swaarde doodgesteek. Hulle het na Ararat toe gevlug, en Sanherib se seun Esarhaddon het hom as koning opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19