Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:15-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Elisa sê toe vir hom: “Vat jou pyl en boog.”Die koning van Israel het dit gedoen, en toe

16. sê Elisa vir hom: “Sit jou hand op die boog.”Die koning het sy hand op die boog gesit. Elisa het toe sy eie hande op die hande van die koning gesit

17. en gesê: “Maak die venster aan die oostekant oop.”Die koning het dit oopgemaak, en Elisa het beveel: “Skiet!”Toe skiet die koning, en Elisa sê: “'n Pyl van die Here se oorwinning, 'n pyl van oorwinning oor Aram! Jy sal Aram verpletterend verslaan in Afek.”

18. Verder sê Elisa: “Vat nou die pyle.”Die koning het hulle gevat, en Elisa sê vir hom: “Slaan teen die grond.” Die koning het drie maal geslaan en opgehou.

19. Die man van God het baie kwaad geword vir die koning en gesê: “Jy moes vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy Aram net drie keer verslaan.”

20. Toe het Elisa gesterf, en hulle het hom begrawe.Moabitiese bendes het elke jaar die land binnegeval.

21. Toe mense op 'n keer besig was om iemand te begrawe, sien hulle skielik so 'n bende. Hulle het die man se lyk in Elisa se graf gegooi. Toe die lyk aan Elisa se bene raak, het die man lewend geword en regop gaan staan.

22. Koning Gasael van Aram het Israel verdruk gedurende al die regeringsjare van Joahas.

23. Die Here was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm. Hy het Hom na hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob. Hy wou hulle nie vernietig nie; Hy het hulle tot nou toe nie verwerp nie.

24. Koning Gasael van Aram is oorlede. Sy seun Ben-Hadad het hom as koning opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13