Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 10:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In Samaria was daar sewentig prinse uit Agab se geslag. Jehu het briewe geskryf en dit na Samaria toe gestuur, na die regeerders van Jisreël, na die leiers en na die opvoeders van Agab se nakomelinge. Dit het so gelui:

2. “As julle hierdie brief kry — julle het daar by julle die prinse, die strydwaens en perde, 'n versterkte stad en wapentuig —

3. soek dan die beste en knapste prins uit en sit hom op die troon van sy pa. Maar julle sal moet veg vir julle koningshuis.”

4. Hulle het bang geword, want hulle het gedink: twee konings moes die onderspit teen hom delf, hoe sal ons ons kan handhaaf?

5. Die amptenaar in beheer van die paleis en die een in beheer van die stad, die leiers en die opvoeders het vir Jehu laat weet: “Ons wil u onderdane wees. Ons wil niemand koning maak nie. Alles wat u aan ons opdra, sal ons uitvoer. Doen wat u goedvind.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 10