Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 6:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe die ark van die Here sewe maande in Filistynse gebied was,

2. het die Filistyne hulle priesters en waarsêers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.”

3. En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.”

4. Die Filistyne vra hulle toe: “Watter geskenk moet ons daarmee saamstuur?” en hulle antwoord: “Goue afbeeldings van vyf pesswere en van vyf muise, volgens die getal Filistynse regeerders, want die plaag was een en dieselfde vir almal, ook vir die regeerders.

5. Maak afbeeldings van julle swere en van die muise wat die land verniel het, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal sy hand dan nie langer swaar op julle lê nie, ook nie op julle gode en op julle land nie.

6. Waarom sou julle hardkoppig bly soos die Egiptenaars en die farao hardkoppig was? Toe God hulle laat swaarkry het, het hulle uiteindelik die Israeliete laat gaan dat hulle kon wegtrek.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 6