Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal,

22. het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.”

23. Haar man Elkana het vir haar gesê: “Maak soos jy dit goedvind. Bly totdat jy hom gespeen het. Mag die Here sy woord bevestig!”Hanna het toe gebly en haar kind gevoed totdat sy hom gespeen het.

24. Toe sy hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul, sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo.

25. Elkana-hulle het die bul geslag en die seun na Eli toe gebring,

26. en Hanna het gesê: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar, Meneer, ék is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid.

27. Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het.

28. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.”Toe het hulle die Here daar aanbid.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1