Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:26-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Hierdie Selomit en sy ampsgenote het toesig gehad oor al die wydingsgeskenke wat koning Dawid, die familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die leërhoofde aan die Here gewy het.

27. Hulle het van die buit uit die oorloë gewy om die huis van die Here te onderhou.

28. Alles wat die siener Samuel, Saul seun van Kis, Abner seun van Ner, en Joab seun van Seruja, gewy het, alles wat gewy is, was onder beheer van Selomit en sy ampsgenote.

29. Kenanja en sy seuns uit die Jishargroep was belas met werksaamhede buite die tempel. Hulle moes in Israel die orde handhaaf en vir die regspraak sorg.

30. Van die Hebrongroep was Gasabja en sy ampsgenote, sewentien honderd bekwame manne, van die Jordaan af weswaarts belas met die opsig oor Israel vir alle werk van die Here en vir die koninklike diens.

31. Van die Hebrongroep was Jerija die hoof volgens stamboom en familie. In die veertigste jaar van Dawid se regering is 'n opname van die Hebrongroep gemaak, en daar is in Jaser in Gilead bekwame manne onder hulle gevind.

32. Jerija het twee duisend sewe honderd bekwame ampsgenote gehad, almal familiehoofde. Koning Dawid het hulle aangestel oor die stamme Ruben en Gad en oor die halwe Manassestam, vir alle sake wat in verband staan met die diens van God en met die diens aan die koning.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26