Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:15-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Die suidpoort is toegewys aan Obed-Edom, en die voorraadgebou aan sy seuns.

16. Suppim en Gosa het die wespoort gekry, asook die Salleketpoort by die pad na die noorde toe. Die een wagbeurt het op die ander gevolg.

17. By die oospoort was ses Leviete, by die noordpoort elke dag vier, by die suidpoort elke dag vier en by die voorrade elke keer twee.

18. Wat die plein by die wespoort betref, was daar langs die pad vier en by die plein twee.

19. Dit was dan die afdelings poortwagte, van die Korag- en die Merarigroep.

20. Sommige van hulle Levitiese ampsgenote het toesig gehou oor die tempelskatte en oor die wydingsgeskenke.

21-22. Uit die Jegiëlgroep was daar Setam en sy broer Joël. Hulle was uit die nageslag van Ladan, dit is afstammelinge van die Gersonitiese lyn deur Ladan, en familiehoofde van Ladan die Gersoniet. Hulle was in beheer van die skatte van die huis van die Here.

23. Uit die groepe van Amram, Jishar, Hebron en Ussiël

24. was Subael, seun van Moses se seun Gersom, die hoofamptenaar belas met toesig oor die skatte.

25. Sy ampsgenote het hulle afstamming teruggevoer op Eliëser deur Regabja, Jesaja, Joram, Sikri en Selomit.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26