Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:18-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Van die nageslag van Jishar was Selomit die hoof.

19. Van die nageslag van Hebron was Jerija die hoof, Amarja die tweede, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.

20. Van die nageslag van Ussiël was Miga die hoof en Jissija die tweede.

21. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Die seuns van Magli was Eleasar en Kis.

22. Toe Eleasar gesterf het, het hy geen seuns gehad nie, net dogters. Hulle verwante, die seuns van Kis, het met hulle getrou.

23. Die seuns van Musi was Magli, Eder en Jeremot, hulle drie.

24. Dit is dan die Leviete volgens hulle families, die familiehoofde volgens hulle diensgroepe, soos hulle een vir een by name opgeneem is. Die Leviete van twintig jaar en ouer het die werksaamhede verrig in die diens van die huis van die Here.

25. Dit het so gekom omdat Dawid gesê het: “Die Here die God van Israel het sy volk rus geskenk en Hy wil vir altyd in Jerusalem woon.

26. Die Leviete hoef nie meer die tabernakel met al die toebehore vir sy diens te vervoer nie.”

27. Dit is dus die getal Leviete van twintig jaar en ouer wat diens gedoen het soos Dawid dit kort voor sy dood gereël het.

28. Hulle het die Aäroniete bygestaan in die diens van die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorhowe, die kamers, die reiniging van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23