Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:13-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is baie groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.”

14. Daarna het die Here 'n pes onder Israel laat uitbreek, en daar is sewentig duisend Israeliete dood.

15. God het ook 'n engel na Jerusalem toe gestuur om dié uit te delg, maar terwyl hy besig was om verderf te saai, het die Here toegekyk en besluit om die straf nie verder te voer nie. Hy het vir die engel wat die verderf aanrig, gesê: “Dit is nou genoeg! Trek jou hand terug!”Die engel van die Here het by die dorsvloer van Arauna die Jebusiet gestaan.

16. Toe Dawid opkyk en die engel van die Here tussen hemel en aarde sien staan met sy ontblote swaard in die hand en oor Jerusalem uitgesteek, val Dawid en die leiers met rouklere aan op hulle knieë neer.

17. Dawid het vir God gesê: “Dit is tog ék wat opdrag gegee het om 'n sensus van die volk te hou en ék wat gesondig het. Die herder het kwaad gedoen, maar hierdie kudde, wat het húlle gedoen? Here my God, tree tog teen my en my familie op, maar nie met 'n plaag teen u volk nie.”

18. Die engel van die Here het toe vir Gad opdrag gegee om vir Dawid te sê hy moet vir die Here 'n altaar gaan oprig op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21