Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 10:3-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. en toe die aanval op Saul toegespits. Die boogskutters het hom in die oog gekry en hy het bang vir hulle geword,

4. en vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard en steek my daarmee dood dat daardie heidene nie kom en my in oneer laat sterf nie.”Maar sy wapendraer wou nie, want hy was baie bang. Saul vat toe self die swaard en val daarin.

5. Toe sy wapendraer sien Saul is dood, val hy ook in sy swaard en sterf.

6. So is Saul en sy drie seuns, ja, al sy seuns, saam dood.

7. Die Israeliete wat in die laagte gewoon het, het gesien dat die manskappe gevlug het en dat Saul en sy seuns dood is. Hulle het toe hulle stede verlaat en ook gevlug, en die Filistyne het die stede beset en daar gaan woon.

8. Toe die Filistyne die dag na die geveg die lyke kom stroop, kry hulle Saul en sy seuns daar waar hulle op Gilboaberg geval het.

9. Die Filistyne het hom ook gestroop, sy kop en sy wapens saamgevat en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en hulle mense bekend te maak.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 10