Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:32-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

32. Die Here laat hom nou sy verdiende straf kry. Hy het twee manne doodgemaak sonder die medewete van my pa: Abner, seun van Ner en hoof van die leër van Israel, en Amasa, seun van Jitra en hoof van die leër van Juda, albei onskuldiger en beter mense as hy.

33. Laat die skuld vir hulle dood vir altyd op Joab en sy nageslag rus, en mag die Here vir altyd vrede gee aan Dawid en sy nageslag en aan sy hele familie en aan sy troon.”

34. Toe het Benaja seun van Jojada teruggegaan en vir Joab daar aangeval en hom doodgemaak. Hy is begrawe by sy huis in die veld.

35. Koning Salomo het vir Benaja seun van Jojada in Joab se plek aangestel oor die leër, en in die plek van Abjatar het hy vir Sadok as priester aangestel.

36. Die koning het vir Simeï laat haal en vir hom gesê: “Jy mag vir jou 'n huis in Jerusalem bou en hier woon, maar jy mag nie uit die stad gaan nie, dit maak nie saak waarheen nie.

37. Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.”

38. Simeï sê toe vir die koning: “Dit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.”Simeï het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2