Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Toe Batseba by koning Salomo binnekom om Adonia se versoek te gaan stel, het Salomo opgestaan en voor haar gebuig. Hy gaan toe weer op sy troon sit en laat vir die koninginmoeder 'n stoel aan sy regterkant naderbring om op te sit.

20. Sy sê: “Ek wil 'n klein gunsie van jou vra. Moet my dit nie weier nie.”“My ma kan maar vra, ek sal nie vir haar nee sê nie,” het hy geantwoord.

21. Sy sê toe: “Laat jou broer Adonia tog vir Abisag die Sunemmitiese meisie as vrou kry.”

22. Toe sê koning Salomo vir sy ma: “Hoekom vra u dat hy vir Abisag moet kry? U kan dan net sowel die hele koningskap vir hom vra, want hy is my ouer broer, en die priester Abjatar en Joab seun van Seruja steun hom!”

23. Toe het koning Salomo 'n eed voor die Here afgelê: “Mag God my met die dood straf as Adonia nie met sy lewe hiervoor boet nie!

24. So seker as die Here leef, Hy wat my koning laat word het en my die troon van my pa laat bestyg het, en vir my 'n koningshuis gevestig het soos Hy beloof het, net so seker moet Adonia vandag nog dood!”

25. Koning Salomo het vir Benaja seun van Jojada gestuur en dié het vir Adonia om die lewe gebring.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2