Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 1:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe.

3. Nou het Hy op die bestemde tyd sy woord bekend gemaak deur die prediking wat as opdrag aan my toevertrou is deur God ons Verlosser.

4. Aan Titus, my eie kind in die geloof wat ons albei bely.Genade en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Verlosser!

5. Ek het jou op Kreta agtergelaat met die bedoeling dat jy die dinge wat nog gereël moes word, in orde moet bring en dat jy in elke dorp ouderlinge moet aanstel soos ek dit aan jou opgedra het.

6. 'n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees; hy moet aan sy vrou getrou wees, en sy kinders moet gelowig wees en nie die naam hê dat hulle losbandig lewe en teen gesag in opstand kom nie.

7. 'n Ouderling is immers 'n bestuurder van die huishouding van God. Daarom moet hy onberispelik van gedrag wees, nie aanmatigend en opvlieënd nie, nie 'n dronkaard of 'n rusiemaker of 'n soeker na oneerlike wins nie.

8. Hy moet gasvry wees, lief vir wat goed is, verstandig, regverdig, vroom en selfbeheers.

Lees volledige hoofstuk Titus 1