Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:15-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. “Jy, gebied van Sebulon en gebiedvan Naftali,aan die seekant en oorkant die Jordaan,Galilea waar die heidene woon!

16. Die volk wat in duisternis woon,het 'n groot lig gesien;hulle wat in die skemerlandvan die dood lewe,vir hulle het die lig opgegaan.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

18. Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep.

19. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

21. Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep,

22. en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

23. Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

24. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4