Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 8:23-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe het Hy op sy oë gespoeg, sy hande daarop gesit en vir hom gevra: “Sien jy al iets?”

24. Hy het sy oë geknip en gesê: “Ek sien mense, iets soos bome. Ek sien hulle loop.”

25. Daarna het Jesus weer sy hande op sy oë gesit. Die man het sy oë oopgemaak, en hulle was reg. Hy het alles duidelik gesien.

26. Jesus het hom huis toe gestuur en gesê: “Moenie by die dorp aangaan nie.”

27. Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is Ek?”

28. Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van die profete.”

29. “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?”Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

30. Toe belet Hy hulle om dit vir iemand anders te vertel.

31. Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan.

32. Hy het met hulle hieroor reguit gepraat. Toe het Petrus Hom opsy geneem en Hom begin berispe.

33. Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe.“Moenie in my pad staan nie, Satan,” het Hy gesê, “want jy dink nie aan wat God wil hê nie maar aan wat die mense wil hê.”

Lees volledige hoofstuk Markus 8