Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 4:16-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. “Wat gaan ons met hierdie mense maak?” het hulle gevra. “Dat 'n onmiskenbare wonder deur hulle plaasgevind het, is vir al die inwoners van Jerusalem duidelik. Ons kan dit nie ontken nie.

17. Maar om te voorkom dat hierdie dinge nog verder onder die volk versprei, moet ons hulle met dreigemente verbied om weer in die Naam van Jesus met iemand te praat.”

18. Daarna het die Raad die apostels weer laat inkom en hulle beveel om glad nie verder in die Naam van Jesus iets te verkondig of te leer nie.

19. Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God.

20. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

21. Nadat die Raad die apostels daarby nog ernstig gedreig het, het hulle hulle losgelaat. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie en vanweë die houding van die volk, want al die mense het God geprys oor wat daar gebeur het.

22. Die man wat deur hierdie wonder gesond geword het, was immers al oor die veertig.

23. Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het.

24. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.

25. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê:“Waarom het heidennasies te kere gegaan,en het volke sinlose planne beraam?

26. Die konings van die aarde het in opstand gekom,en die heersers het saamgespanteen die Here en teen sy Gesalfde.

27. “Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is,

28. en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 4