Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat ons swaar van hulle afskeid geneem het, het ons aan boord gegaan. Ons het reguit koers gehou en by die eiland Kos aangekom. Die volgende dag het ons Rodos bereik en daarvandaan by Patara aangekom.

2. Daar het ons 'n skip gekry wat na Fenisië toe sou vaar, en ons het aan boord gegaan en weggevaar.

3. Ons het Siprus in sig gekry en is aan die suidekant daarvan verby Sirië toe. In Tirus, waar die skip sy vrag moes aflaai, het ons afgeklim.

4. Ons het die gelowiges daar opgesoek en sewe dae by hulle gebly. Deur die Gees gelei, het hulle vir Paulus gesê om nie Jerusalem toe te gaan nie.

5. Maar toe die sewe dae verby was, het ons verder gereis, en hulle is almal met hulle vrouens en kinders saam met ons tot buitekant die stad. Ons het op die strand gekniel en gebid

6. en van mekaar afskeid geneem. Daarna het ons aan boord gegaan, en hulle het omgedraai huis toe.

7. Van Tirus af het ons die seereis voortgesit na Ptolemaïs toe. Daar het ons die gelowiges gegroet en 'n dag by hulle gebly.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21