Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:17-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Al die Jode en Grieke wat in Efese gewoon het, het daarvan te hore gekom. Vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is geprys.

18. Baie van die mense wat gelowig geword het, het ook gekom en al hulle towerpraktyke openlik bely en bekend gemaak.

19. Heelparty van die mense wat toorkunste beoefen het, het hulle boeke gebring en voor almal verbrand. Hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwermuntstukke werd was.

20. So het die woord van die Here sy krag getoon en al hoe verder versprei.

21. Na hierdie gebeurtenisse het Paulus besluit om deur Masedonië en Agaje te reis en na Jerusalem toe te gaan. “Nadat ek daar was,” het hy gesê, “moet ek Rome ook besoek.”

22. Hy het twee van sy helpers, Timoteus en Erastus, vooruit gestuur Masedonië toe, maar self nog 'n tyd lank in die provinsie Asië agtergebly.

23. Juis toe het daar 'n groot opskudding ontstaan oor die leer van die Here.

24. 'n Silwersmid met die naam Demetrius het silwerbeelde van die tempel van Artemis gemaak en vir die vakmanne 'n goeie verdienste verskaf.

25. Hy roep hulle en ander mense wat soortgelyke werk doen, toe bymekaar en sê vir hulle: “Mense, julle weet dat ons voorspoed van hierdie werk afhang.

26. Julle sien en hoor self dat hierdie Paulus daarin geslaag het om nie net in Efese vir hom 'n groot aanhang te kry nie, maar ook in byna die hele provinsie Asië. Hy sê dat goed wat met die hand gemaak word, nie gode is nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19