Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Toe sê die engel vir hom: “Maak jou gordel vas en trek jou skoene aan.”Petrus het dit gedoen, en toe sê die engel vir hom: “Trek jou bokleed aan en kom saam met my.”

9. Petrus het agter die engel aan uitgegaan sonder om te besef dat hy werklik bevry word. Vir hom het dit gelyk asof hy 'n gesig sien.

10. Hulle is by die eerste wag verby en ook by die tweede, en toe hulle by die ysterdeur kom wat na die stad toe lei, het dit vanself vir hulle oopgegaan. Toe hulle buite kom en 'n ent met die straat af was, het die engel vir Petrus skielik verlaat.

11. Toe dring dit tot Petrus deur wat met hom gebeur het en hy dink: nou besef ek eers regtig dat die Here sy engel gestuur het om my uit die hande van Herodes te red en van alles wat die Joodse volk van plan was om te doen.

12. Met dié gedagte is hy na die huis van Maria, die moeder van Johannes wat ook Markus genoem is, waar baie gelowiges saam was om te bid.

13. Hy het aan die voordeur geklop, en 'n diensmeisie met die naam Rodé het kom hoor wie dit is.

14. Toe sy Petrus se stem herken, was sy so bly dat sy nie die deur oopgemaak het nie, maar binnetoe gehardloop het om te vertel dat Petrus by die deur staan.

15. Maar hulle sê vir haar: “Jy is mal.”Toe sy egter daarmee volhou, sê hulle: “Dan is dit sy gees.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12