Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 2:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Veertien jaar later het ek weer Jerusalem toe gegaan, hierdie keer ek en Barnabas, en ek het vir Titus ook saamgeneem.

2. God het dit aan my geopenbaar dat ek moet gaan. Ek het toe die evangelie wat ek onder die heidennasies verkondig, aan die broers daar voorgelê en dit nog afsonderlik met die leiers bespreek. Ek wou sekerheid hê dat ek nie tevergeefs werk of gewerk het nie.

3. Hoewel Titus, wat saam met my was, 'n Griek is, is hy nie gedwing om hom te laat besny nie.

4. Daar was wel sekere mense wat dit wou hê, maar dit was mense wat onder vals voorwendsels in die gemeente ingedring het en hulle as medegelowiges voorgedoen het. Hulle werklike doel was om ons lewe in die vryheid wat Christus Jesus vir ons verwerf het, dop te hou, sodat hulle weer slawe van ons kon maak.

5. Aan hulle eise het ons egter nie 'n enkele oomblik toegegee nie, sodat die waarheid van die evangelie vir julle gehandhaaf sou word.

6. Die leiers van die gemeente — wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie; God kyk nie na 'n mens se uiterlike nie — die leiers van die gemeente het aan die evangelie wat ek verkondig, niks toegevoeg nie.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 2