Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 6:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde,

7. deur die woord van die waarheid en deur die krag van God. Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen.

8. Ons ontvang eer en oneer,ons word beledig en geprys.Ons word behandel as verleiers, en tog is ons betroubaar;

9. as onbekendes, en tog is ons goed bekend;as sterwendes en, soos julle sien, ons lewe;as gestraf, maar ons is nie doodgemaak nie;

10. as bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd;as armes, maar ons maak baie ander ryk;as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.

11. Ons het openhartig met julle gepraat, Korintiërs. Ons harte is vir julle wyd oop.

12. Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit.

13. Ek praat met julle as my kinders. Doen aan ons wat ons aan julle gedoen het: maak julle harte ook wyd oop!

14. Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. Hoe kan daar vennootskap wees tussen reg en onreg? Hoe kan daar gemeenskap wees tussen lig en duisternis?

15. Hoe kan daar eenstemmigheid wees tussen Christus en Belial? Hoe kan 'n gelowige dieselfde belange hê as 'n ongelowige?

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 6