Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 2:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Toe ek geskryf het, was dit juis om te wete te kom of julle aan my getrou gebly het en in alles gehoorsaam is.

10. As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie.

11. Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.

12. Toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus daar te verkondig, het die Here die deure vir my wyd oopgemaak.

13. Tog het ek nie gemoedsrus gehad nie, omdat ek my broer Titus nie daar gekry het nie. Daarom het ek van die mense daar afskeid geneem en Masedonië toe vertrek.

14. Maar aan God die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.

15. Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan.

16. Vir dié wat verlore gaan, is dit 'n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit 'n lewensgeur wat lewe wek. En wie is tot sulke dinge in staat?

17. Ons, omdat ons nie is soos baie ander wat geld maak uit die woord van God nie. Ons verkondig die woord in opregtheid, in verbondenheid met Christus, in opdrag van God en in verantwoordelikheid aan God.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 2