Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 6:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Gelowiges wat as slawe onder 'n juk staan, moet hulle eienaars met alle eerbied bejeën, sodat niemand sal kwaad praat van die Naam van God en van die Christelike leer nie.

2. Slawe wat gelowige eienaars het, moet aan hulle nie minder eerbied betoon omdat hulle saam broers is nie. Hulle moet hulle eerder beter dien omdat dié wat uit hulle werk voordeel trek, met hulle een is in geloof en liefde.Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle inskerp.

3. As iemand 'n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie,

4. is hy verwaand en weet hy niks. Hy het 'n sieklike beheptheid met twisvrae en met stryery oor woorde. Daaruit ontstaan afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery,

5. voortdurende rusie van mense wat verstandelik verward en van die waarheid beroof is. Hulle dink dat die godsdiens iets is om geldelike wins mee te maak.

6. Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het,

7. want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie.

8. As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 6