Ou Testament

Nuwe Testament

1 Tessalonisense 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Paulus, Silvanus en Timoteus.Aan die gemeente van die Tessalonisense, wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort.Genade en vrede vir julle!

2. Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou

3. bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.

4. Broers, ons weet dat God julle wat Hy liefhet, uitverkies het,

5. want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging. Julle weet trouens hoe ons by julle opgetree het, en dít om julle ontwil.

Lees volledige hoofstuk 1 Tessalonisense 1