Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 13:2-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Al het ek die gawe van profesieen ken ek al die geheimenisseen besit ek al die kennis,en al het ek al die geloof om berge te versit,maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

3. Al deel ek al wat ek het aan ander uit,en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem,maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

4. Die liefde is geduldig,die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5. Dit handel nie onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie,is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6. Dit verbly hom nie oor onreg nie,maar verheug hom oor die waarheid.

7. Dit bedek alles,glo alles,hoop alles,verdra alles.

8. Die liefde vergaan nooit nie,maar die gawevan profesie sal verdwyn,die gaweom ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou,en dié van kennis sal uitgedien raak.

9. Want ons ken maar gedeeltelik,en ons profeteer maar gedeeltelik,

10. maar wanneer die volledige kom,sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 13