Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 3:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WEE die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.

2. Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die Here vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.

3. Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.

4. Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.

5. Die Here is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

6. Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.

7. Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 3