Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 2:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan die Here geoffer.

6. DAARNA het Josua die volk laat gaan, en die kinders van Israel het elkeen na sy erfdeel getrek om die land in besit te neem.

7. En die volk het die Here gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die Here gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.

8. Maar Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;

9. en hulle het hom begrawe op die gebied van sy erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.

10. En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.

11. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien

12. en die Here, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die Here geterg.

13. Maar toe hulle die Here verlaat en die Baäl en die Astártes dien,

Lees volledige hoofstuk Rigters 2