Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Ja, die mens ken ook sy eie tyd nie, soos die visse wat gevang word in die gevaarlike net, en soos die voëls wat gevang word in die vangnet — soos hulle word die mensekinders verstrik in die tyd van onheil as dit hulle skielik oorval.

13. Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:

14. daar was ’n klein stadjie en min manne daarin, en ’n groot koning het daarteen gekom en dit omsingel en groot beleëringswerke daarteen gebou.

15. En daarin is ’n arm wyse man gevind; dié het die stad deur sy wysheid gered, maar geen mens het aan daardie arm man gedink nie.

16. Toe het ek gesê: Wysheid is beter as heldekrag; maar die wysheid van die arme word verag, en na sy woorde word nie geluister nie.

17. Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van ’n heerser onder die dwase.

18. Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9