Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 9:15-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. EN op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos ’n gedaante van vuur, tot die môre toe.

16. So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags ’n gedaante van vuur.

17. En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan —

18. volgens die bevel van die Here het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die Here laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.

19. En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die Here waargeneem en nie weggetrek nie.

20. Maar somtyds was die wolk net ’n paar dae oor die tabernakel — volgens die bevel van die Here het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die Here het hulle weggetrek.

21. En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre — as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag — as die wolk optrek, het hulle weggetrek;

22. of ná twee dae of ’n maand of langer — as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.

23. Volgens die bevel van die Here het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die Here het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die Here in ag geneem volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses.

Lees volledige hoofstuk Númeri 9