Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 9:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN die Here het met Moses gespreek in die woestyn Sinai — in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand — en gesê

2. dat die kinders van Israel die pasga op die bepaalde tyd moet hou.

3. Op die veertiende dag in hierdie maand, teen die aand, moet julle dit op die bepaalde tyd hou; volgens al sy insettinge en al sy verordeninge moet julle dit hou.

4. Toe het Moses met die kinders van Israel gespreek dat hulle die pasga moet hou.

5. En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die Here Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.

6. En daar was manne wat deur die lyk van ’n mens onrein geword het en op dieselfde dag die pasga nie kon hou nie. Daarom het hulle nader gekom voor Moses en Aäron op dieselfde dag,

7. en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van ’n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die Here nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?

8. En Moses het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek kan hoor wat die Here julle sal beveel.

Lees volledige hoofstuk Númeri 9