Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 8:18-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem

19. en die Leviete gegee — hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.

20. En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die Here Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.

21. En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die Here; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.

22. En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die Here Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.

23. En die Here het met Moses gespreek en gesê:

24. Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.

25. Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie —

26. hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.

Lees volledige hoofstuk Númeri 8