Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 29:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle ’n dag van trompetgeklank wees.

2. Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur vir die Here berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

3. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van ’n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,

4. en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

5. en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;

6. behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif — tot ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

7. En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.

8. Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan die Here bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;

9. en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,

10. een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

11. een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort — en hulle drankoffers.

12. En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die Here ’n fees vier.

13. En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die Here bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;

Lees volledige hoofstuk Númeri 29