Ou Testament

Nuwe Testament

Númeri 28:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11. En by die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

12. en drie-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

13. en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer, ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan die Here.

14. En hulle drankoffers moet wees ’n half-hin wyn vir ’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15. Ook moet een bokram as sondoffer aan die Here berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

16. EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die Here.

Lees volledige hoofstuk Númeri 28