Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemía 11:2-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.

3. En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.

4. En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;

5. en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kol-Hosé, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet.

6. Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vierhonderd-agt-en-sestig, krygsmanne.

7. En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Ítiël, die seun van Jesaja;

8. en ná hom Gábbai-Sállai, negehonderd-agt-en-twintig.

Lees volledige hoofstuk Nehemía 11